Schalk Burger Waak Teen Uitverkoop van SA Wynbedryf

 

Die Burger-manne. Tiaan, Schalk snr en Klein Schalk.
Die Burger-manne. Tiaan, Schalk snr en Klein Schalk.

 

My artikel oor Schalk Burger snr wat in Die Burger van 28 Mei verskyn het.

Die uitsig van Wellington na Kaapstad is onbelemmerd in die sjampanje-helder lig van ? perfekte herfsoggend. Dis een van daardie dae wat jy wil toedraai en in jou sak sit. Maar Schalk Burger GÇô senior GÇô frons. Niks te make met die teleurstellende spel van die Stormers of sy laaste potjie gholf nie. Nee, dit gaan oor die wingerdstok, +¬+¬n van sy grootste passies.

GÇ£Kyk net hoe val die blare van die wingerdstokke af,GÇ¥ beduie hy met daardie bekende hand groot genoeg om ? kalfskop mee toe te draai. GÇ£As als in balans is, verloor die wingerd sy blare gelyk. Nou val dit so in kolle af, wat beteken dat die wingerd tans onder stres is.GÇ¥ Die antwoord: GÇ£Re+½n en koue. Sommer vinnig, ook. Die wingerd werk nie net as die druiwekorrels in die lente opdaag nie. Elke dag in die lewe van ? wingerdstok is net so belangrik soos die vorige en die volgende een.GÇ¥

Soos als wat hy in die lewe aanpak GÇô rugby, besigheid, sy familielewe GÇô doen Schalk sy boerdery op Welbedacht met oorgawe. Mense vergeet soms dat hy sedert 1979 in die drankbedryf is en op ? kol deel was van die strategiese bemarkingspan van Uniewyn, die maatskappy wat destyds behoort het aan die oud-Springkaptein Jan Pickard.

GÇ£Voordat ek Welbedacht in die 1990s gekoop het, was ek bevoorreg om ? gedugte blootstelling tot die wynbedryf te geniet,GÇ¥ s+¬ hy in die proelokaal waar honde van diverse vorms oor die vloer uitgestrek l+¬. GÇ£Mense soos Duimpie Bayly, destyds produksiehoof van Stellenbosse Boerewynmakery, en Bennie Howard, saam met Duimpie die land se eerste Kaapse Wynmeesters, het sedert die 1980s my geleer van wyn. Die lesse het in ? passie verander, veral met my besoeke aan die wynlande van Itali+½ en Frankryk.GÇ¥

En dan het hy as Matie-student natuurlik kennis gemaak met ene Jan Boland Coetzee, legendariese wynmaker wat saam met Schalk vir die eerste span gespeel het. GÇ£Ek was altyd aan die begin van die rugbyseisoen vir Jan die bliksem in. Ons hardloop ons longe uit teen die bergpad, maar Jan word van die oefeninge verskoon GÇô want hy GÇÿparsGÇÖ. Vandag verstaan ek dit, natuurlik.GÇ¥

Persoonlik kan ek hiervan getuig. As gereelde besoeker op Welbedacht, is ek soms van stryk gebring wanneer ek met Schalk en seun Tiaan oor rugby, rockmusiek en ander mannesake wil gesels. Schalk sal die geselskap draai na die deugdes van Wellington se besonderse wingerdgrond bestaande uit verweerde graniet, die belang van plant-fotosintese in die warm somersnagte en die bepalende invloed van eikehout op die struktuur van ? rooi-versnit.

Onder sy ontspannings-leesstof tel wingerdbougidse van Frankryk en Australi+½, en elkeen van Welbedacht se wyne word persoonlik deur hom en Tiaan GÇ£afgetekenGÇ¥ voordat dit na die mark gestuur word.

GÇ£Ons wynboere moet besef dat ons bewaarders van ons land se wynerfenis is,GÇ¥ s+¬ Schalk. GÇ£Wat in daardie wynbottel onder jou eie etiket beland moet getuig van die unieke grondtipes en klimaat op jou plaas en in jou wynstreek, dit moet die stempel dra van die manier hoe jy jou wingerde koester en jou persoonlikheid in die wyn weerspie+½l wanneer dit in die glas beland.GÇ¥

Volgens Schalk is die Suid-Afrikaanse bedryf egter tans besig om hierdie erfenis vir ? pot Vaaljapie te verkoop.

GÇ£As wynland is Suid-Afrika vinnig besig om sy identiteit prys te gee deur die kortsigtige najaag van wins deur goedkoop, swak wyn in bulk uit te voer na die buiteland,GÇ¥ s+¬ hy. GÇ£Meer as die helfte van al die wyn wat uitgevoer word, word in bulkhouers verskeep waar dit in die internasionale markte gebottel met goedkoop etikette en verkoop teen ? belaglike lae prys van onder R20 ? bottel. En dan praat ek nie eers van die power gehalte van hierdie wyn wat onder die naam van Wyn van Suid-Afrika aan oorsese wynkopers bemark word nie.

GÇ£Die gevolg is dat Suid-Afrikaanse wyn al hoe meer as goedkoop en identiteitloos in die buiteland beskou word, wat dit vir ons onmoontlik maak om die beeld van ? top-gehalte wynland te vestig.GÇ¥

Volgens hom moet alle Suid-Afrikaanse bulkwyn sonder die Wyn van Oorsprong-sertifisering uitgevoer word, GÇ£want wat daar is geen stelsel om toesig te hou oor wat-á met ons wyne oorkant die water gebeur nie.GÇ¥.

Schalk dien juis tans op die stigtingskomitee van ? nuwe liggaam wat die belang van premie-Suid-Afrikaanse wyne gemaak van wingerde met ? bewese rekord van uitnemendheid te vestig.

GÇ£Ons maak uitstaande wyne in ons land,GÇ¥ meen hy. GÇ£Daar is passievolle en kundige wynboere. Suid-Afrika is gese+½n met stukke grond wat vir wingerdbou geskape is. Dit is egter tyd dat hierdie volle verhaal proaktief vertel word voordat ons beeld verder in die moeras verdwyn.GÇ¥

Hy weet van die goeie wyne, want hulle word op Welbedacht gemaak. Daarvan getuig die blink trofees op die houtrakke en die sertifikate teen die muur. Vir onder meer Pinotage. Chenin Blanc. Syrah. Rooiversnit.

GÇ£Mens kan nie anders as om emosioneel te raak as jy oor wyn praat nie,GÇ¥ s+¬ Schalk en tel ? bottel van Welbedacht se Number 6-rooiversnit op. GÇ£Die wynboer dra sy hart op sy mou, maar sy hele menswees in ? bottel.GÇ¥

Nou, as daardie wingerdblare net gelyk wil afval…..

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *