Wynlegende Nommer Een

Charles Back
Charles Back

In the first in a series of article paying tribute to South Africa’s wine legends, Emile Joubert writes on Charles Back. (As first published in Die Burger.)

Wyn, lui die gesegde, word in die wingerd gemaak. T?+¦???+¦?+¦????g is dit die wynw?+¦???+¦?+¦-+??reld se uitsonderlike mense, mense saamgesnoer deur ‘n gemeenskaplike doel om die natuur in ‘n glas vas te vang, wat sorg dat daar darem ook ‘n hartklop in die bedryf is.
Die aantal wynlegendes en -persoonlikhede wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf staangemaak het, is langer as ‘n nuwe regeringskabinet. Veel langer. En onlangs is die gehalte-mense wat die plaaslike wynbedryf bevoorreg is om tot sy beskikking te h?+¦???+¦?+¦-+??, weer uitgelig met die verering wat mnr. Charles Back toegekom het.
Tydens ‘n geleentheid vol prag en praat in die KWV se Katedraalkelder om die nuwe Kaapse Wynmeesters te verwelkom, is Back vereer met die titel Wynpersoonlikheid van die Jaar. Die gehoor het die aankondiging luidkeels soos een man (en vrou) begroet, hoewel die meeste moes saamstem dat Back se bydrae meer as een jaar se verering verdien.
Sy visie, liefde vir grond, wingerd en wyn, asook ‘n besonderse skeut bemarkingsvernuf, het gesorg dat die Backs se familieplaas, Fairview, oor die afgelope 20 jaar tot een van die blinkste korrels in die Suid-Afrikaanse wynbedryf ontwikkel is. Die wyne: onberispelik. Divers. Opwindend. Wat ‘n volle spektrum nuwe style aan die plaaslike publiek ontbloot het. Asook om die soms eenogige internasionale wyngehoor te wys dat hierdie deel van die w?+¦???+¦?+¦-+??reld aan die suidpunt van Afrika nie tot dikvoetwyne en brandewyn beperk is nie.
Fairview het plaaslike wynliefhebbers aan talle nuwe geure bekendgestel. Die druifsoorte van die sonnige Franse suide, soos ?+¦?????+¦-+?-íviognier, mourv?+¦???+¦?+¦-+?+¦+ëdre, carignan en grenache, is in vele gedaantes en versnitte vir wyngehore geskink. Terwyl hulle meer “tradisionele” Fairview-wyne soos shiraz, pinotage en semillon bly maak in klassieke bloubloed Suid-Afrikaanse styl.
Met sy rustelose soeke na nuwe gronde en handelsmerke is Fairview uitgebrei na Spice Route aan die Weskus. Die Goats-handelsmerke, wat op onopgesmukte wyse die spot met die Franse gedryf het toe Back die klassieke Franse wyne ‘n parmantige Boere-skynsel gee: Die Bored Doe-handelsmerk is ‘n Bordeaux-versnit, terwyl die Goats do Roam weer die wynstyle van die C?+¦???+¦?+¦????tes de Rh?+¦???+¦?+¦????ne volg. Die Franse was, uiteraard die josie in, maar soos Back sou s?+¦???+¦?+¦-+??: “Check the worry in my eyes.”
Di+¬ speelse houding het nie verbaas nie. Trouens, Back was die eerste ou wat vir my laat blyk het dat wyn pret kan wees. Byna 30 jaar gelede toe sy pa, oom Cyril, nog aan die hoof van Fairview gestaan het, het Back vir my ‘n glas pienk wyn gewys wat pas van die doppe getrek is. Dis in die dae toe blanc de noir omtrent so modieus soos gepermde hare was. “Jy kan hierdie wyn ‘n klomp f?+¦???+¦?+¦-+??nsie name gee,” het hy ges?+¦???+¦?+¦-+?? terwyl die lig op die glas pienk vloeistof val. “Ros+¬. Blanc de Noir. Maar ek noem dit sommer my panty-wyn.”
Die Back-verhaal moet nog in sy geheel geskryf word. Back se oupa was ‘n Joodse immigrant uit Litaue wat hom in die Paarl gevestig het. Oupa Back was ‘n slagter. Uit ‘n blokman se salaris het hy twee Paarlse plase vir sy seuns gekoop: Backsberg vir Sydney en Fairview vir Cyril. Altwee plase is huidige instellings in die Kaapse wynbedryf, wie se sukses veels te danke is aan die persoonlikhede en vision?+¦???+¦?+¦-+??re wynboervernuf van Cyril en Sydney. Swaarkry, deurtrek, humor en ‘n legio staaltjies kenmerk die era van Cyril en Sydney.
Back self erken hy het gestudeer “aan Elsenburg en by die Klapmuts-hotel”. En ondanks die swetterjoel handelsmerke wat hy geskep het en bedryf, die rustelose soeke na verdere geleenthede met nuwe wynstyle en kultivars en die Fairview-kaaskoninkryk, meen hy steeds: “Elke oggend as ek opstaan en na die w?+¦???+¦?+¦-+??reld om my kyk, dan voel ek van voor af bevoorreg om deel van hierdie wynbedryf te wees.”
En die bedryf is ook bevoorreg. Cheers, Charles!

Enjoyed this article?

Subscribe and never miss a post again.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *